Bybellesse
Hoe om die lesse te gebruik.
Lesse is volgens CUM se kinderbybel uitgewerk. Daar is met opset nie ‘n handboek nie, want die Bybel is die handboek. Die droom is dat elke kind sy eie Kinderbybel het. Ons werk oor ‘n tydperk van 4 jaar deur die Bybel.
Ons probeer:
- Hulle leer om die Bybel te hanteer.
- ‘n Liefde vir die Bybel ontwikkel.
- Dat hulle leer om die Heilige Gees kans te gee om hulle lewens deur die Bybel te
verander. - Dat hulle die Bybel, saam met die Heilige Gees, as gesag in hulle lewens aanvaar.
- Dat hulle na 4 jaar die Bybel in verhaal vorm kan oorvertel.